
WIE ONS IS
Dit&Dat is ‘n kreatiewe reklame-agentskap wat bestaan uit ‘n span vryskutbemarkers met ‘n portefeulje wat al oor meer as twee dekades span. Aan hoof staan Dewald van Zyl en Marteni Burger wie die projekte bestuur en dryf. By Dit&Dat doen ons allerlei bemarkingsprojekte maar ons is veral toegespits op reklame en advertensie-werk in Afrikaans.
Ons spesialieer in:
- Bemarking- en handelsmerkstrategieë
- Geïntegreerde markkommunikasie
- Veldtog- en konseptonwikkeling
- Grafiese- en inligtingsontwerp
- Korporatiewe identiteite
- Sosiale Media (inhoud & beplanning)
- Kopie, vertaling & naamontwikkeling
- Verpakking
Ons kuier ewe gemaklik om ‘n kombuistafel as in ‘n konferensiesaal. Om ‘n handelsmerk se boodskap te versprei is ons kuns en passie. Ons luister na die stories agter nuwe produkte en gee gehoor aan gevestigde besighede wie se boodskap begin kwyn. Ons vlieg na kantore in die Goudstad, ry na fabrieke in die Weskus of spring maklik agter op ‘n plaasbakkie in die Karoo. Alles in ons soeke na die oorspronklikheid, kreatiwiteit, humor en trefkrag wat ‘n besigheid of handelsmerk se boodskap die beste aan die verbruiker gaan oorvertel.
Ons doel is om die hart en die begrotingsoplossings agter elke kliënt of produk te vind en dit dan te omskep in ‘n suksesvolle kommunikasiegeleentheid.






ONS TOEKENNINGS 2022
In 2022 verower Dit&Dat 7 toekennings by die Pendorings vir RAPPORT en vir die KOER maatsoek-app.
- GOUE PENDORING – Digitale bemarking: Sosiale Media vir KOER
- SILWER PENDORING – Digitale ontwerp vir KOER
- SILWER PENDORING – Geïntegreerde veldtog vir ‘n handelsmerk
- KOERSKEPPINGSERTIFIKAAT – Digitale bemarking: Skryfwerk vir KOER
- SKEPPINGSERTIFIKAAT – Regie vir Rapport TV advertensie
- SKEPPINGSERTIFIKAAT – Sinematografie vir Rapport TV advertensie
- SKEPPINGSERTIFIKAAT – Produksie & Stelontwerp vir Rapport TV advertensie
ONS TOEKENNINGS 2021
In 2021 verower Dit&Dat 2 Pendorings vir die KOER maatsoek-app.
- SILWER PENDORING – Ontwerp vir digitale bemarking
- SKEPPINGSERTIFIKAAT – Skryfwerk vir digitale bemarking
ONS TOEKENNINGS 2020
In 2020 verower Dit&Dat 5 Pendorings vir die KOER maatsoek-app.
- GOUE PENDORING – Skryfwerk vir ‘n handelsmerk
- SILWER PENDORING – Ontwerp van handelsmerk-identiteit (logo)
- SILWER PENDORING – Digitale-kommunikasie vir die skepping van ‘n toep/app
- SILWER PENDORING – Sosiale media vir ‘n handelsmerk
- SILWER PENDORING – Geïntegreerde kommunikasie vir oorhoofse bemarkingsveldtog en toepassing van die veldtog
In 2020 verower Dit&Dat n Tinteltong Toekenning vir die KOER maatsoek-app.
- 2020 Tinteltong Toekenning vir kreatiewe werk in Afrikaans – Kusstreek