In 2021 het Dit&Dat ‘n veldtog vir VIA geskep om te wys dat dié kanaal ‘n plek is waar waarheid en wonder gebeur. Wat die VIA-kanaal op DSTV so besonders maak is die aanbieding – 100% realiteitsprogramme. Die taak was om die kykers weer opgewonde te maak oor die lekkerte van die ongeskrewe (en soms ongewone) stories van “regte mense in die regte lewe”. 

In Dit&Dat se veldtog is VIA ‘n betowerende kanaal waar kykers deel voel is die “groter ons”. Die promosiemateriaal  – TV-advertensies, drukadvertensies, digitale inhoud en sosiale media – wys dat nuuskierigheid iets is wat by VIA gevier word. ‘n Kanaal waar ieder en elk iemand is. Hier leer ons by Herman hoe om brood in ‘n blik te bak en waardeer ons saam ‘n goeie bottel wyn. Hier vier ons ons naastes in die kollig en luister ons saam met Minki na ‘n insiggewende verhaal. Ons leer ken ons helde en word geroer deur ander se stories en talent. Ons vorm ingeligte opinies en luister na goeie raad. Ons bou ‘n bielie van ‘n “braaislaai” en dink oor hoe ons eie potte prut. Ons vra vir mekaar wat óns sou maak as ons die prysgeld moes wen. Ons ranskik ons huise en tuine en skud saam met Junior kilogramme af. Soms is ons heel verbaas of koer ons saam wanneer liefde blom. Ons lag vir lawwe Neels en saal weer ou stokperdjies op. Deur VIA het ons die mag om dinge “vir ‘n feit” te weet of spring ons saam in wanneer die karre die skelms jaag.  

Die kykers weet VIA bied ‘n veilige hawe waar die lewe helderder, meer romanties en selfs met ligte musiek in die agtergrond gebeur. ‘n Spasie waar ons almal vrylik en ongeskrewe onsself kan wees en tóg soveel meer. Waar is die magiese plek? VIA – Dis waar. 

Dit en Dat Via
Dit en Dat Via
Dit en Dat Via
Dit en Dat Via