SUIDOOSTERFEES
In 2019 werk Dit&Dat vir die eerste keer saam met die Suidoosterfees. Die Kaapse kunstefees. Dis teater, dis dans, dis sing, dis jazz, dis woordbeelde en kunsbeelde, dis komedie en kletsrym, dis ‘n kultuur-viering teen die baai. Die positiewe gees en kreatiewe vryheid van dié fees in Kaapstad was die inspirasie vir Dit&Dat se veltog en die modernisering van hul handelsmerk-identiteit. Die Suidoosterfees is die fees wat weer die kief in die kunste sit. Deur spontaniteit toe te pas in die kleur- en woordgebruik in die veldtog het dié fees met vrypostigheid gebrêg, gelag en gekapperjol vir die kunste. Die SOF-kunstefees wys hoe Afrikaans in verskillende monde voel, proe, leef en klink. Dis die fees wat waaib! #feeswatwaaib





