Stoomasem, die 100% Afrikaanse vape (tjoef), bied ‘n reënboog van lekkerte in ‘n taal wat die geraas in elke blaas sit! Dit&Dat is in 2023 genader om ‘n handelsmerk aan te vat wat mense se opinies aan die brand het.

Platforms is (met reg) uiters streng wanneer dit kom by die bemarking van tabak-produkte en daarom het ons besluit om die gesprek (en monde) te draai. In plaas daarvan om rook in almal se gesigte te blaas het ons monde gevul met geurvolle en kleurvolle #twakpraat! In die veldtog het ons bekende grootbekke, grapjasse, storiedraaiers en wolhaar kenners gevra om ons te bederf met hul snertstories en geite.

Ons het lekker-sê name vir die Stoomasem geure uitgedink en selfs laatnag partytjieplekke oorgeneem. Ons het ou gesegdes vol lewe geblaas en wolhaarstories by die mondvol verkoop. Ons het Stoomasem se tong diep in sy kies vasgesteek en geurige stories tuisgemaak in elke babbelbek se mond. Van sosiale media tot advertensieborde, die webblad en aanlynwinkel, kommentaar-afdelings, video’s, drukmedia, aktiverings en meer. Daar was soveel wonderlike nonsens daar buite en ons was gereed om die gesprek af te skop!  Stoomasem is meer as net die Baas van Waas. Hulle is die Kenners van #twakpraat. 

Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat