Dit&Dat het vêr en wyd stories gaan versamel oor wat Sondae en die Rapport vir ons nasie beteken. Ons het selfs stories uit 1970 gehoor – toe die eerste Rapport oor die Suid-Afrika se nuus, giere, geite en feite begin praat het in “jou taal”.  Die bewusmakingsveldtog vir die gedrukte weergawe van Rapport in 2022 gebruik ‘n nostalgiese aanslag. Die TV-advertensie, radio advertensie, drukmedia en digitale reklame beoog om Suid-Afrika se nommer een Afrikaanse Sondagkoerant weer in almal se hande te kry.

Die doel van die veldtog is om die gehoor in pa se kar te laai en deur Rapport-oomblikke te neem op die nostalgiese Sondag rit. In die TV-advertensie blaai ons deur dekades van “onthou hoe Sondae kan voel”. In die radio- en drukadvertensies herleef ons die afwagting na kerk, voor die supermark, by die straatverkoper op die hoek. Kyk! Daar kom Pa met die Rapport en ‘n brood by die kafee uitgedraf. 

Die veldtog herinner die gehoor dat die Rapport net soveel deel is van ‘n Sondag as daai ‘ekstra skeppie poeding’ of ‘koffie in die bed’. Ons vat die Afrikaanse mark terug na toe ons nog onwetend emosioneel was oor hoe ons die nuus gekry, gelees en ingeneem het. Want ons almal weet en onthou: 

“Dis nie elke dag nie, dis Sondag. Rapport.”

Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat