KKNK
Dit&Dat se eerste taak vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees was in 2015. Dit&Dat is genader om die handelsmerk-identiteit (logo) te moderniseer vir KKNK se twintigste bestaansjaar. Die inspirasie vir die nuwe handelsmerk-identiteit was die “plek van samekoms” wat KKNK aan die feesgangers bied. ‘n Uitbeelding van die feit dat mense van wyd en ver oor die land (en selfs buiteland) saamtrek om die skoonheid, boodskap en kultuur van die Afrikaanse kunste te vier.
In 2020 is Dit&Dat weer deur die KKNK genader. Dié keer om die oorhoofse bemarkingsveldtog van die 25ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees te behartig. Dit&Dat het ‘n konsep, tema, identiteit en veldtog vir die spesiale feesjaar geskep. Die groot kwarteeu viering van KKNK kon ongelukkig, as gevolg van die Covid19 Pandemie, nie meer fisies plaasvind nie maar #feesrojaal leef steeds aanlyn en in ons harte voort.



