
INA PAARMAN
Dit&Dat is in 2020 deur Mev. Paarman en haar span genader om die verpakking van haar slaaisouse op te kikker. Met die loots van die nuwe Ina Paarman webblad is ‘n plan bedink om dié veelsydige en interessante resep-skatkis en aanlynwinkel onder die aandag van haar lojale Afrikaanse mark te bring. Dit&Dat se plan was om Mevrou Paarman se Afrikaanse mark te bederf met eg Afrikaanse sêgoed wat so tuis voel in die mond soos haar diverse reeks lekkernye. Die konsep is tans ‘n digitale veldtog wat op sosiale media en ander Afrikaanse nuus- en leefstylplatforms verskyn. Sodoende word verbruikers met een klik na die Ina Paarman webblad en aanlynwinkel gelei.



