In 2023 verlang Netwerk24 ‘n veldtog om verbruikers in te lig dat hulle soveel meer kry vir hul maandelikse subskripsiefooi! 

Dit&Dat se konsep dra ‘n gevoel van oorvol, mondvol, propvol en “tot barstens toe” oor. Van die taalgebruik in die radio advertensie tot die beskrywings in die drukadvertensies, die kleurvolle plasings op sosiale media en die fleur en flikflooiery van die TV-advertensie, alles in oorvloed! Die luuksheid van “nog”. 

In die ontwerp het ons Netwerk24 se wye aanbod van inhoud uitgebeeld deur driedimensionele letters wat uit die skerm uit bars. Helder kleure is met ‘n verskeidenheid lettertipes gekombineer om die variasie op die app uit te beeld. In die kopie het ons gekonsentreer op klanke wat opwinding wek, woorde wat die verskeidenheid van die inhoud uitlig en (nes Netwerk24) vermaak verskaf. Daar is geen rede om met minder as die meeste tervrede te wees nie.

Netwerk24 bars uit sy nate!