AARDKLOP 

In 2016 is Dit&Dat vir die eerste keer deur Aardklop Nasionale Kunstefees genader om die “nuwe Aardklop” se beeld te skep en te poets. Aardklop het in 2015 amper gesneuwel maar is gelukkig deur ‘n groep belanghebbendes en kunsliefhebbers gered. In 2016 het Aardklop sy agtiende bestaansjaar gevier en ook sy skoolskoene uitgeskop. Dit&Dat het ‘n vars asem in die fees se handelsmerk-identiteit ingeblaas om die nuwe Aardklop as selfbestuurend en onafhanklik te verklaar. Die fees volg al vir die laaste vyf jaar sy eie aard en dans nou voluit op die ritme van sy eie hartklop. Dit&Dat is trots om vir vyf jaar lank Aardklop se hande te kon vat en deel te kon wees van die konsepontwikkeling, veldtog, tema, ontwerp, radio en kopie vir hul reklame.