WERCON FAMILIE BOERDERY

Connie & Rina Coetzee van Wercon Familie Boerdery het Dit&Dat in 2019 genader om te gesels oor ‘n veldtog en konsep vir hul grootskaalse wisselbou boerdery in die Noord-kaap. Wercon het reeds gespog met die suksesvolle Pimperneut-handelsmerk – Senque River Pistachios – maar wou hul diverse neutreeks (insluitend pekans en amandels) na die kleinhandelmark bring. Wercon wou daarby ook bewusmaking kweek vir hul boerbokstoet, gewasse en dienste. Dit&Dat het Wercon Familie Boerdery se projek oor ‘n jaar periode aangepak. Dit het ingesluit: handelsmerk-identiteit (logo’s), oorkoepelende konsep en veldtog, projekbestuur, die onderskeie kleinhandelprodukte se veldtogte, die webblad, promosie-video’s, sosiale media strategie en inhoud, die ontwerp van die verpakking en die loots van die totale projek.