In 2021 loots Netwerk24 (die land se grootste Afrikaanse nuus- en leefstyl-app) ‘n verbeterde en meer funksionele toep. Die vraag aan Dit&Dat was om ‘n bewusmakingsveldtog te loots op nasionale (en selfs internasionale) vlak. Om hul bestaande en potensiele nuwe lede vertroud te maak met alles wat Netwerk24 se app nou bied. Die veldtog het verskeie aspekte gehad. Konseptonwikkeling, ontwerp, kopie en kreatiewe toepassings wat spreek tot al die pilare van hul enorme gehoor. Radio- en televisieadvertensies, drukadvertensies en ‘n oorkoepelende sosiale media veldtog om alles bymekaar te bring. Op sosiale media het Dit&Dat hande gevat met verskeie bekendes om ‘n #netso-oomblik kompetisie te loots. Wat wou ons wys? Alles wat jy wil weet. Alles wat jy moet weet. Alles wat lekker is. Net waar jy wil. Net wanneer jy wil. Alles op een plek. Netwerk24. Net so!






