Koer, die Afrikaanse maatsoek-app, weet dat die soeke na aanlyn liefde nie net ‘n reis is nie maar ‘n avontuur. Vir 2023 skep Dit&Dat ‘n veldtog om juis hierdie pragtige wille-wratige pad na liefde te vier. “Moenie ’n Koes wees nie. Koer!”.

Ondek die verskil tussen maniere en maniertjies, die kleurvolle karakters, die kyse wat in dubbel-kajuite gevra word en selfs die Tannie met die sexy skaapboud. Almal net mens, almal net op soek na liefde, almal nes jy en almal deel van die pret! In hierdie omvattende veldtog praat ons met elke demografie wat deel uitmaak van die 102 000 aktiewe harte op Koer.

Eerste liefdes, tweede kanse, derde wiele en selfs harte met silwer randjies. Daar is aanlyn advertensies, TV-advertensies, advertensieborde, drukmedia, guerrilla-bemarking, aktiverings by feeste, sosiale media en soveel meer! In dié veldtog wys Koer dat as jy braaf genoeg is om jouself uit te gee as ‘n toffie, is daar vir seker iemand wie jou sal smaak!

Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat
Raport-Dit-en-dat