
DIE KOER “KOES DIE ONGEMAK” – VELDTOG (FINALIS VAN 4 PENDORINGS)
Dit&Dat het die “Koes die ongemak” veldtog vir Koer (die wêreld se eerste Afrikaanse maatsoek-app) geskep in 2021. Die veldtog illustreer dat jy die ‘ongemaklike’ situasies van die enkellopende se lewe kan vermy deur slegs op ‘n app-knoppie te druk. Dié maatsoek-app het twee aksies – KOER vir ja, KOES vir nee. Die gehoor sluit alle ouderdomme, rasse, geslagte, seksuele oriëntasies en agtergronde in. Almal met een ding in gemeen: #enkelmensprobleme. Die veldtog het van ‘ongemaklike’ kopie en situasies gebruik gemaak waarmee die mark maklik kon vereenselwig met “Karakters” wie ons almal eindlik ken. Ontmoet vir “Oom Wewenaar”, “Tannie Pasgeskei”, “Altyd-‘n-Stooimeisie” en die “Outjie wat in die middel van nêrens boer”. Saam het ons gelag en gebloos, aanhalings gedeel en ander se stories waardeer. Die veldtog is propvol grappies en ongemaklike sê-dinge en vrae. TV-advertensies, sosiale media plasings, drukmedia, Instagram Stories en vele meer het almal lag-lag laat saam bloos.








