DIE KOER-APP (WENNER VAN 5 PENDORINGS)

Die Koer maatsoek-app is die antwoord op die uitdagings van vlerksleep in 2020. Nou kan jy vanaf jou rusbank by die huis Afrikaanse liefde vind! Die Koer-app is in September 2020 geloots deur bekende akteur Armand Aucamp, Dit&Dat en toep-ghoeroe Makeswift – ook bekend as Die Bende (Edms.) Bpk. Dit&Dat se veldtog vir Koer was ‘n geïntegreerde en alomvattende veldtog: handelsmerk-identiteit (logo), konseptualisering, naamontwikkeling, toep-ontwikkeling, ontwerp, sosiale media, TV & radio-advertensies, drukmedia, persverklarings en webblad-inhoud. Dit&Dat is steeds die reklame-agentskap vir die Koer-app en het intussen al twee nuwe veldtogte geloots.